[et_pb_section admin_label=”section”][et_pb_row admin_label=”row”][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text admin_label=”Text” background_layout=”light” text_orientation=”left” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”]


ECHS toernooi 8-12 April:

Die afgelope April-vakansie het beide Uppies se 1ste hokkiespanne na Bloemfontein getoer om deel te neem aan die ECHS en Travel en Sport Hokkietoernooi. Beide van hierdie spanne se vaardighede was waarlik beproef en ten toon gestel. Hierdie spanne het deursettingsvermoë en goeie sportmansgees getoon en dit is sigbaar in die uitslae:

1 ste Meisies:

In hul poelwedstryde vaar hul as volg:Uppies Hokkie - ECHS toernooi 8-12 April Dogters

Verloor 2-0 teen Transvalia
Verloor 1-0 teen Hermanus
Verloor 3-0 teen Oranje 0/16

Nuwe poele is ingedeel en die dogters vaar as volg:

Wen Girls High Kimberley 1-0
Wen Hermanus 1-0
Verloor 2-0 teen Dr. EG Jansen

Die dogters het daarna uitgespeel vir plekke teen Dr. EG Jansen se 0/16’s en speel gelykop 1 elk, waarna hul dan die “shoot out” wen met 3-1. Na afloop van hierdie wedstryd eindig die dogters 19de uit 24 spanne.

1ste Seuns:

In hul poelwedstryde vaar hul as volg:

Gelykop 0 elk teen Knysna
Wen Hugenote 4-0

Nuwe poele is ingedeel ogv die vorige uitslae en die seuns vaar as volg:

Wen 2-0 teen Kempton Park
Gelykop 0 elk teen Howick
Wen Hermanus 1-0
Gelykop 0 elk teen Rob Ferreira

Die seuns speel uit vir plekke teen Kroonstad en verloor ongelukkig 1-0 en eindig 6de uit 14de spanne.

Aan die einde van die toernooi, is daar twee All Star spanne gekies vir die seuns en meisies. Hierdie spanne het teen mekaar ‘n vertoonwedstryd gespeel tydens die prysuitdeling. Die volgende leerders is gekies vir die onderskeie spanne:

Meisies:                                          

Inge Wessels
Almari Bruwer

Seuns:

Hendri de Beer
Wilfred Titus

Daar is ook verskeie toerspanne gekies in die afsonderlike ouderdomsgroepe wat die komende Oktober vakansie na Nederland en België toer. Die volgende leerders is ingesluit:

Meisies:                                                                       

0/14 – Gabbi Nell
0/19 B – Christine Richter
0/19 A – Almari Bruwer
– Inge Wessels

Seuns:

0/16    – Theuns Theunissen
– Hendri de Beer
0/18    – Morné Dlephu

Uppies-hokkie is trots op hierdie spelers en wil hul hartlik gelukwens met hul prestasies.

Ons wil ook graag ‘n groot woord van dankie uitspreek aan al ons borge van beide spanne. Sonder die hulp van buite sou hierdie toer nie moontlik gewees het nie. Baie dankie ook aan elke ouer en vriend wat ons spanne ondersteun en altyd hulp verleen. Ons wil ook graag dankie se aan ECHS en Travel en Sport vir ‘n puik toernooi en vir die geleentheid wat hul ons spelers bied om weereens in die buiteland te gaan deelneem.

Uppies Hockey – NO EXCUSES!

Meisies foto: Blou hoodies

Ry 1 vlnr: Inge Wessels, Jana Victor, Jolene Goussard, Lize van Niekerk, Gabbi Nell, Monique Dlephu, Teliza Zaayman.
Ry 2 vlnr: Christine Richter, Almari Bruwer, Anneri van der Merwe, Jane Becker, Lisa Slabbert, Zani du Plessis, Erna Theunissen, Zoe Strauss.

Seuns foto: Astro foto:

Agter vlnr: Julian Oraine, Brendon George, Juan Swanepoel, Cobus Fourie, Mnr SD Botes, Hein Neser, Hendri de Beer, Juf Yolandi Cloete.
Middel vlnr: Cyrikus Cloete, Gerhard Janse van Vuuren
Voor vlnr: JP Louw, Mason Adams, Theuns Theunissen, Wilfred Titus, Joshua Coghlan, Morne Dlephu.

[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Become a Sponsor