[et_pb_section admin_label=”section”][et_pb_row admin_label=”row”][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text admin_label=”Text”]
Die Uppie familie het die noodkreet vanuit Calvinia gehoor en besluit om gehoor te gee aan die oproep om water aan die inwoners van Calvinia te skenk. Alle Uppies het werklik die erns van die situasie besef en het ruim bygedra tot die projek om water in te samel wat dan na Calvinia geneem sal word. Hierdie is weereens ’n bewys van Hoërskool Upington se bereidwilligheid om te help waar daar nood is. Ons wil ook dankie sê aan al ons ouers, vriende van die skool en ons leerders dat hulle so fantasties gereageer het op hierdie oproep om hulp.
Hoërskool Upington wil ook vir die mense van Calvinia sê dat ons werklik saam met hulle hoop dat daar binnekort uitkoms gaan kom vir die verskriklike waternood wat dié dorp tans ervaar.
[/et_pb_text][et_pb_image admin_label=”Image” src=”https://www.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/03/UPPIES-HELP-MET-WATERNOOD-IN-CALVINIA-1.jpg” alt=”UPPIES HELP MET WATERNOOD IN CALVINIA ” title_text=”UPPIES HELP MET WATERNOOD IN CALVINIA ” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” animation=”off” sticky=”off” align=”left” force_fullwidth=”off” always_center_on_mobile=”on” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]
Become a Sponsor