Hoërskool Upington het 5 projekte ingeskryf vir die Eskom EXPO wat gehou is op Saterdag 5 Augustus 2017.  Kaylin Mouton en Shanique Maasdorp het goud gekry vir hulle gesamentlike navorsing oor die effek van nikotien op die mens.  Andries Engelbrecht het met sy projek: “Arm maar warm” silwer verwerf en Lara-Mari Geldenhuys het brons verwerf met haar navorsing oor organiese bemesting versus chemiese bemesting.  Ruan le Roux en Eric Swanepoel asook Siva Moodley en Angelo Snyders het deelname sertifikate verwerf vir hulle gesamentlike projekte. Dit was hierdie  leerders se eerste EXPO en hulle het baie geleer en sal met groter selfvertroue volgende jaar weer deelneem.

Foto:

Andries Engelbrecht

Angelo Snyders

Siva Moodley

Eric Swanepoel

Ruan le Roux

Shanique Maasdorp

Kaylin Mouton

Afwesig: Lara-Mari Geldenhuys

Become a Sponsor