Uppies se Top 20 span het die afgelope naweek aan Hoërskool Sentraal se Top 20 byeenkoms  deelgeneem.

Dit was n baie strawwe kompetisie en atlete het van dwarsoor SA gekom.  In byna elke wedren het  daar ‘n SA atleet of meer deelgeneem.  Ons atlete het egter gewys dat hul vir niemand terugstaan nie en hul uiterste bes gedoen onder baie moeilike omstandighede.

JJ Snyders het weer ,n goue medalje gekry vir die seuns 0/15 400m asook ‘n brons vir die 100 meter. Jane Bekker het ‘n goue medalje gekry vir Dogters 19 Hoogspring,  Nel Hanekom vir  Seuns 0/15 Spiesgooi ‘n brons en Henro Kotze het na 5 uitdunne die brons medalje gekry vir die 200m seuns 0/17.

Die hoogtepunt van die byeenkoms vir ons was die Sweedse aflosse toe ons 0/17 seuns (met JJ as 0/15) stof in die oë van vele 0/19 spanne geskop het. Hulle het met o.a Welkom Gimnasium, HTS, Pretoria Boys High, Sentraal en nog 8 groot spanne afgereken om in ‘n baie naby vierde posisie te eindig.

Die atlete het goeie punte opgebou en ons seunspan het 10de gekom uit 23 spanne.

Baie dankie aan Pannarotti’s vir die borg van ons hempies.  Ons waardeer dit baie.

Foto: Jane Bekker, JJ Snyders, Henro Kotze en Nel Hanekom

Become a Sponsor