[et_pb_section admin_label=”section”][et_pb_row admin_label=”row”][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text admin_label=”Text” background_layout=”light” text_orientation=”left” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”]

  1. Die geselskap van “Sweef” saam met Jaco Jacobs, skrywer van die oorspronklike kortverhaal waarop die teks baseer was.

[/et_pb_text][et_pb_text admin_label=”Text” background_layout=”light” text_orientation=”left” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”]

Soos tradisie dit nou al voorskryf, het Hoërskool Upington se dramageselskap weer hierdie jaar aan die Reza de Wet-Tienertoneelfees, wat deel is van die Vrystaat Kunstefees se program, deelgeneem. Hierdie spoggeleentheid, ‘n uitnodiginggeleentheid wat sterk dramaskole vanoor Suid-Afrika lok, gee jong akteurs, aktrises en tegnici die kans om hul talente met groter gehore te deel.

Hier het die geselskap twee produksies, “Sweef” en “Ma”, vir albei se debuut op die verhoog gebring.

“Sweef”, geskryf en geregisseer deur Neville Schubach, is gebaseer op ‘n kortverhaal deur die befaamde kinderskrywer, Jaco Jacobs. Die outeur en sy gade het die optrede bygewoon en dit baie geniet.

“Ma”, ‘n intieme kykie na alle fasette van ma-wees en die uiteinde van verkeerde besluite daaromtrent, is gepen en geregisseer deur L.A. Swart.

Hierdie twee produksies het besonders goed gevaar by die prysuitdeling:

Karabo Sephapo, wat “Dora” in “Ma” speel, wen Beste Ondersteunende Aktrise.

Juan Swanepoel wen Beste Akteur as “Heinz” in “Sweef”.

Neville Schubach wen Beste Regie vir die produksie “Sweef”.

Baie geluk aan hierdie groep akteurs en regisseurs.

“Like” ‘Hoërskool Upington Drama’ se Facebookblad om op hoogte te bly van optredes, nuus en foto’s van al hulle manewales.

[/et_pb_text][et_pb_image admin_label=”Image” src=”https://www.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/07/FOTO2-Steke.jpg” alt=”Hoërskool Upington” title_text=”Hoërskool Upington” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” animation=”off” sticky=”off” align=”left” force_fullwidth=”off” always_center_on_mobile=”on” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”] [/et_pb_image][et_pb_text admin_label=”Text” background_layout=”light” text_orientation=”left” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”]

2. Die hele geselskap saam met die twee hoofspelers van “Steke”, ‘n oud-Uppies Drama leerling, Willem Esterhuyse, se eerste feesproduksie.

[/et_pb_text][et_pb_image admin_label=”Image” src=”https://www.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/07/FOTO3-Juan-Karabo.jpg” alt=”Hoërskool Upington” title_text=”Hoërskool Upington” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” animation=”off” sticky=”off” align=”left” force_fullwidth=”off” always_center_on_mobile=”on” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”] [/et_pb_image][et_pb_text admin_label=”Text” background_layout=”light” text_orientation=”left” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”]

3. Juan Swanepoel  en Karabo Sephapo na afloop van die ontvang van hulle feespryse.

[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Become a Sponsor