Chrizelle Strydom, graad 9 van Upington Hoƫrskool, was hierdie kwartaal afgevaardig om die ATKV tak van Hoƫrskool Upington, die Uppies Kultuurdiere, tydens die jaarlikse ATKV kongres te gaan verteenwoordig.
Sy was die enigste leerder uit hierdie streek wat die kongres vanaf Ā 22 tot 24 Mei by die ATKV Oord Buffelspoort naby Rustenburg bygewoon het.
Sy was een van 300 afgevaardigdes vanoor SA en vir haar was die hoogtepunt die praatjie deur Sheri Brynard.Ā Sheri het bekendheid verwerf om as Down Sindroom lyer Shoprite se Vrou van die Jaar toekenning te ontvang.