[et_pb_section admin_label=”section”][et_pb_row admin_label=”row”][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text admin_label=”Text”]
Foto
Alicé Maritz, Liza-Mari Groenewald, Lorraine Groenewald, Lara-Mari Geldenhuys, Navern Olivier, Chané Avenant, Nicolene Loots, Dirette Oberholster
Na `n baie suksesvolle Affies toernooi het Uppies se 0/19A span 2 dae afgevat en heerlik, as `n span, mekaar nog beter leer ken.
Hulle het in Johannesburg saam gaan Bounch en Vrydag op pad na Potchefstroom is daar ook gestop by Gold Reef City waar die span hulle gate uit geniet het.
Saterdag het ons in alle erns in `n nat Potchefstroom begin oefen en Sondag, 9 April, het die NWU Puk netbalkursus begin met `n heerlike spanbou. Dit was `n besondere leersame kursus en daar is gefokus op vaardighede, posisie spesialisering en alle vorme van baanwerk asook probleemoplossings. Die dogters en afrigters was in die bevoorregte posisie om onder leiding van Dorette Badenhorst, Julene Meyer en van die SA O/21 en ander Puk studente die kursus se afrigting te ontvang. Die dogters het Maandag en Dinsdag, elke dag, `n 7 uur kliniek bygewoon en `n uur probleemoplossing wedstryd gespeel. Woensdag, 12 April, het die span 5 wedstryde gespeel waarvan hulle 4 gewen het.
Woensdagaand, na afloop van die kursus, was die meisies ook in die bevoorregte posisie om die Noord-Wes se Brutal Fruit span, die Flames, wat eerskomende naweek begin speel, se oefening by te woon.
Om 2 weke van jou vakansie vir netbal op te offer wys “guts” en deursettings-vermoë van elke dogter. Ons is baie trots op elkeen van julle en sien uit na die res van die 2017 seisoen.
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][et_pb_row admin_label=”Row”][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_image admin_label=”Image” src=”https://www.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/04/Uppies-019A-woon-PUIK-NWU-Puk-netbal-kursus-by.-2.jpg” alt=”Uppies 019A woon PUIK NWU Puk netbal kursus by.” title_text=”Uppies 019A woon PUIK NWU Puk netbal kursus by.” show_in_lightbox=”off” url_new_window=”off” use_overlay=”off” animation=”off” sticky=”off” align=”left” force_fullwidth=”off” always_center_on_mobile=”on” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”] [/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]
Become a Sponsor