Uppies se 0/15 krieket span het Woensdag, 19 Januarie, teen Hoërskool Kenhardt gaan speel in ‘n 25 beurt wedstryd. Uppies het eerste gekolf en behaal ‘n goeie 111 lopies vir 10 paaltjies in moeilike omstandighede. Beste kolwers was Ferdi Richter met 27 lopies  en Clemens Terblanche met 13 lopies.

Daarna het Uppies hul uitstekend van hul taak gekwyt met die bal en Kenhardt beperk tot 70 lopies. Beste boulers was Hein Neser met 4 paaltjies en Michael Wessels met 3 paaltjies.  Uppies wen dan die wedstryd met 41 lopies. Geluk seuns.

Become a Sponsor