Op Dinsdag, 5 Februarie, het die krieket liga-finaal plaasgevind tussen HoĆ«rskool Upington en HoĆ«rskool Duineveld op Duineveld se tuisveld. Velties het die loot gewen en Uppies eerste ingestuur om te gaan kolf. Uppies het behoorlik die kolf ingelĆŖ en ān allemintige 186 lopies verkry in hul toegelate 25 beurte.
Kolwers wat uitgestaan het was Beno-Wayne Friedberg met 49 lopies en Ricky Slabbert met 57 lopies nie uit nie.
Daarna het Velties die groot taak aangepak om te gaan kolf. Uppies se boulers het onverbete geveg, beurt na beurt en boul Velties almal uit vir ān totaal van 147 lopies.
Boulers wat uitgestaan het is Jano Malan met 2 paaltjies en Ricky Slabbert met 5 paaltjies vir die minimale verlies van 18 lopies. Ricky het ook ān 3-kuns behaal, wat ān besonderse prestasie is.
Uppies wen dus die finaal met 38 lopies en word gekroon as liga-wenners. DĆe jong manne het waarlik gewys dat die kriekettalent in Uppies kerngesond is en dat die Uppie veggees nĆŖrens anders te vinde is nie. Hul is ān krag om mee rekening te hou in die toekoms.
Foto bo:Ā Voor vlnr: Ruwin Isaacs, Janko Bothma, Jaco Fourie, Herschell Coetzee, Sheldon Cloete.
Agter vlnr: Mnr SD Botes, Rique Slabbert, Beno-Wayne Friedberg, Hercules Hudson, Murray Louw, PA Karsten, Siphe Msebenzi, Jano Malan en Mnr Rohan Erasmus.