Superspar – Kalahari Mall
Uppie – Masterchef
Ja, dit klink vernaam en dit wás ook `n groot oomblik met bekende deelnemers.
Uppies se eerste Masterchef – geborg deur Spar – was beslis `n geleentheid om te onthou. Die deelnemers was op verskillende vlakke van “bevoegdheid”, maar het disse “ uit die hoogste gestoeltes” opgedis en so gewys dat Uppies op alle gebiede “kook”.
Mnr. Kotze is amper in die begin van die kompetisie gediskwalifiseer omdat hy mense met die sjokolade op sy bord probeer omkoop het. Hy het ook later sy gade se hulp ingeroep en dit het finaal sy drome as Masterchef – wenner beeïndig.
Bonke het veroorsaak dat die brandblusser op `n gereedheidsgrondslag gehou moes word. Hy het egter verwoed teruggeveg en dit het aan hom `n algehele 3de plek gegee.
Spar se produkte is met sorg gebruik en kort voor lank het daar die heerlikste geure van hoender, appelkose en spek in die lug gehang.
In die afwesigheid van Gordon Ramsey, het Hettie van der Merwe van Spar, Hettie Theron – gr. 11 ouers en mev. Francolien du Plessis die lyding ondergaan deur al die geregte te beoordeel en belangrikste – te proe!!
Bonke Madlongolwana verower die derde plek, mnr. Gerhard Visser ( Bemarker) die tweede plek en die Masterchef van 2016 is: mnr. Pierre van Rooyen van Kohin.
Baie dankie aan alle deelnemers: Mnr. Giliomee, Mnr. Kotze, Mnr. Visser, Mnr. van Rooyen, Jaco Koegelenberg, Theuns van Zyl, Bonke Madlongolwana en Henco Burger.
Become a Sponsor