
Uppies se 0/15 krieketspan het Dinsdag, 26 Oktober 2016, teen Hoërskool Kakamas gaan speel in ‘n 25 beurt wedstryd.
Uppies kolf eerste en behaal 219 lopies in hul 25 beurte. Die beste kolwers was Hein Neser met ‘n briljante 59 lopies, wat 3 sesse en 9 viere insluit, sowel as Ian Erasmus met 50 lopies (7 viere).
Daarna boul Uppies en beperk Kakamas vir slegs 35 lopies. Die beste boulers was Hein Neser met 5 paaltjies en Adri Hudson met 3 paaltjies.
Uppies wen dus die wedstryd met 184 lopies. Baie geluk aan die span!
Op die foto bo:
Agter van links na regs: Michael Wessels, Adri Hudson, Ethan Isaacs, Theuns Theunissen, Mnr SD Botes, Bradley Gous, Clemens Terreblanche, Danielle Tyers, Juan Swanepoel.
Voor van links na regs: Andries Engelbrecht, Jaco Koegelenberg, Hein Neser, Ian Erasmus.
Become a Sponsor