Hoërskool Diamantveld se Uitdaag Tennistoernooi het vanaf 20 – 22 Oktober 2016 plaasgevind. Hierdie suksesvolle toernooi is vir die 6de jaar aangebied en gaan elke jaar van krag tot krag.

Daar is min geleenthede vir ons streek se tennisspelers om aan toernooie van uitstaande gehalte deel te neem sonder om ver te reis en hoë kostes aan te gaan. Daarom bied ons hierdie toernooi plaaslik aan en dit bied terselfdertyd goeie blootstelling.

Become a Sponsor