Twee Toppresteerders in Vrystaat – Hoërskool Sentraal spog met twee toppresteerders in die Vrystaat!
Hoërskool Sentraal is ongelooflik trots op Nicola van der Wath en CJ Hertzog, twee uitmuntende matrieks van 2025. Hulle twee het as toppresteerders plek onder die Top 50 matrikulante in die Vrystaat verwerf. Hierdie prestasie getuig van harde werk, toewyding en akademiese uitnemendheid.
Nicola van der Wath slaag met 6 onderskeidings en behaal ’n indrukwekkende 28ste plek. Haar vakke waarin sy onderskeidings verwerf het, sluit in:
- Afrikaans Huistaal
- Engels Eerste Addisionele Taal
- Lewensoriëntering
- Rekeningkunde
- IGO
- Fisiese Wetenskappe

CJ Hertzog het ook met 6 onderskeidings geslaag en die 39ste plek in die Vrystaat behaal. Hy behaal onderskeiding in die volgende vakke.
- Afrikaans Huistaal
- Engels Eerste Addisionele Taal
- Lewensoriëntering
- Rekeningkunde
- IGO
- Fisiese Wetenskappe
Hierdie twee leerders is ware ambassadeurs van hul skool se leuse: “Werk en Wen.” Hul prestasies bring eer aan Hoërskool Sentraal en inspireer toekomstige generasies om te streef na uitnemendheid.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








