)

Twee matrieks van Hoërskool Nelspruit in Top 10

Hoërskool Nelspruit spog trots met twee Nellies, Ernst Pieterse en Rachelle Ressa, wat onder die Top 10 beste matriek akademiese presteerders in Mpumalanga is.
Alhoewel hierdie leerders verskeie uitdagings gedurende 2020 beleef het, het hul gewys dat harde werk en deursettingsvermoë pragtige vrugte afwerp.
Rachelle spog met 8 onderskeidings met Lewensorientering as haar beste vak met ‘n gemiddeld van 98%, dan Inligtingstegnologie (IT) met 97% en Lewenswetenskappe met 95%. Die grootste uitdaging vir Rachelle in 2020 was om ‘n balans te vind tussen skoolwerk doen en rustyd. Sy sê dat hierdie uitdaging haar gehelp het om nuwe vaardighede aan te leer.
Sy is baie opgewonde om binnekort Bsc Rekenaarwetenskap aan Noordwes-Universiteit te studeer.
Ernst het 7 onderskeidings en sy beste vak is Rekeningkunde waarin hy 100% behaal het en dan Fisiese Wetenskap met 99% en Wiskunde met 97%. Hierdie slimkop met ‘n gemiddeld van 95,9% se advies vir die klas van 2021 is om die meeste van alles wat jy aanpak, te maak. Hy sê dat dit baie belangrik is om vir hulp te vra as jy met iets sukkel. “NHS se personeel is hulpvaardig en altyd bereid om die spreekwoordelike ‘ekstra myl’ saam met jou te stap.”

Hy vlieg eersdaags Stellenbosch toe om BRek en LLB te studeer.
Die skool se wens vir hulle twee in besonder, maar ook vir al die ander NHS-matrieks van 2020 is om altyd die palmtak hoog te dra. Julle alma mater hou julle vordering met afwagting dop. Palmam qui meruit ferat!

Foto: CL Photography

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal