Op Saterdag, 8 Junie, het twee van Hoƫrskool Ermelo se A-rugbyspanne in die Mpumalanga semi-finale rondte gespeel te Ligbron Akademie vir Tegnologie.
Die o/15A-span kom te staan teen Ligbron en, na ān besondere spannende wedstryd, eindig die spanne gelykop met 26 punte elk. CJ van Huyssteen druk twee drieĆ« en Marko Ferreira en Tiaan Grobler spog elk met een drie. Wian Swart verdoel drie van die drieĆ«.
Omdat EHS die eerste drie van die wedstryd gedruk het, is die Erries volgens ligabepalings deur na die finaal en sal vervolgens uitspeel vir ān eerste of tweede plek in Mpumalanga. DiĆ© span is reeds deur na die Virseker Beker-uitspele.
Die HoĆ«rskool Ermelo Isuzu eerste rugbyspan het ook teen Ligbron kragte gemeet. Die gasheerskool tree as oorwinnaars uit die stryd met ān telling van 35 teenoor 20. Johan Nel druk twee drieĆ« en Luke Bulford een drie. Walter Visser verdoel een drie en skop een strafskop oor.
Hoƫrskool Ermelo se Isuzu eerste rugbyspan beklee tans die derde plek in Mpumalanga en gaan deur na die Virseker Beker.
Baie geluk aan elke speler wat sy hart uitgespeel het vir die Erries.
Foto bo: CJ van Huyssteen met die bal
Fotoās geneem deur ZD BĆ¼chling