Toutrek op Robertson. Op Saterdag, 10 Februarie, het Hoërskool Strand se toutrekkers douvoordag opgestaan om aan die Toutrek op Robertson kompetisie in die pragtige Robertson deel te neem. Almal was reg vir die opposisie en het hul allerbeste gegee. Van moed opgee, was daar beslis geen sprake nie.
Uitslae was soos volg:
- 480kg seuns – 4de in hul afdeling
- 480kg dogters – 3de in hul afdeling
- 520kg seuns – 3de in hul afdeling
- 520kg B gemeng – 3de in hul afdeling
- 600 kg seuns – 3de
Die afrigters het selfs ingespring vir ‘n kompetisie tussen die “old boys” en die wenners van die 560kg seuns. Die “old boys” het gewys hulle is steeds bobaas en het die opposisie letterlik in die stof laat byt.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf