Top 10 Swemmers. 🏊♀️ Oranje se EENDE spat die water oop in Natal! 🏆🐥
Primêre Meisieskool Oranje se Top 10 swemmers het hul vinne gewys en vir Natal gewys wie die ware kampioene in die water is! In hul heel eerste gala van die seisoen het die dogters nie net hul staal gewys nie, maar ook kosbare ondervinding opgedoen vir die res van die swemjaar wat voorlê.
✨ Aflos-uitslae wat laat golwe maak:
- Rugslag aflos: A-span – 🥈2de plek
- Wisselslag aflos: A-span – 🥇1ste plek | B-span – 8ste plek
- Vryslag aflos: A-span – 🥈2de plek | B-span – 8ste plek
Die A-span het ’n indrukwekkende 209 punte ingesamel en daarmee die laerskole trofee verower! Hulle het boonop ’n 4de plek algeheel behaal – teen álle skole, hoërskole ingesluit!
Die B-span het ook hul merk gemaak met ’n 8ste plek in die toernooi – ’n prestasie om op trots te wees!
🎉 Baie geluk aan al die swemmers – julle is ware EENDJIE-kampioene! ’n Groot dankie aan Mev. Chandriné Jones en Mev. Michelle Crous wat die dogters met sorg en ondersteuning op hul toer vergesel het.



Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf













