Top 10 Atletiek Oakdale. Die atletiekspan van Hoër Landbouskool Oakdale van Riversdal het Saterdag, 30 Oktober, op Moorreesburg, aan die Top 10 skolebyeenkoms deelgeneem en uitstekend gevaar. Oakdale het teen twee-en-dertig skole meegeding, ʼn algehele derde plek behaal en eerste in die seuns-afdeling geëindig. Vier-en-twintig medaljes is tydens die byeenkoms verwerf: sewe goud, sewe silwer en tien brons.
Righardt Stander het met ‘n afstand van 55,85m die rekord in diskusgooi seuns 17 jaar laat spat, terwyl Wayne Ganniwa se vertoning in die 800m seuns 14 jaar gesorg het vir ‘n nuwe rekord.
Bulle, julle maak Oakdale trots!
Foto’s verskaf
Lees meer oor Oakdale: https://schoolsthatrock.co.za