Tjokkies swemmers. Tjokkies is baie bly dat hulle ‘n foto van hierdie ses kon kry – want hierdie Tjokkies swemmers is baie meer in die water as op land!
Primêre Skool Universitas ervaar ‘n tsoenami van trots om die prestasies van die volgende swem presteerders te kan deel:
- Victrix Ludorum: Lisa Ferreira
- Victor Ludorum: Corné Liversage
- Beste Multi-class swemmer: Luan Potgieter
- GSF Beste Dogterswemmer: Vida-Ani Markgraaff
- GSF Beste Seunswemmer: Danelo Vermeulen en Ludwig Niemann
Luan Potgieter het ‘n klompie nuwe rekords in die Multi-class afdeling opgestel! Vir seuns 0.13 jaar, is daardie rekords as volg:
- 50m en 100m borsslag
- 50m en 100m vryslag
- 50m en 100m rugslag
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf