Tennis. Liebe Oosthuizen, ’n sewentienjarige leerder aan Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn, het nog ’n enkelspel-tennistitel agter haar naam geskryf. Sy het die Eden Mini Masters tennistoernooi op George gewen toe sy met 6-4, 6-0 teen Anika Kleinhans in die eindstryd geseëvier het.
Die toernooi het op 3 en 4 Desember plaasgevind. Liebe het in Oktober vanjaar ook die ETA Coca-Cola Prokennex Grand Prix in Durban gewen. Sy het vir Nina Schimper in die eindstryd verslaan. Liebe is volgens haar afrigter, Pieter van der Walt, tans agtiende op die Suid-Afrikaanse ranglys vir meisies onder 18 jaar. Sy beoog om in 2023 in die VSA te gaan studeer waar sy ook haar tennis na ’n volgende vlak wil neem.
Liebe se gunsteling tennisspeler is die Amerikaner, Serena Williams.
Foto verskaf
Meer nuus: https://schoolsthatrock.co.za