TBM Tegniese vaardigheidskompetisie. Hierdie vaardigheidskompetisie word gehou vir leerders van tegniese skole en skole wat tegniese vakke aanbied. Leerders van Bethlehem Voortrekker Hoƫrskool het op 21 September aan die Siviele Vaardigheidskompetisie deelgeneem.
Die kompetisie is ān jaarlikse inisiatief van die Departement van Onderwys in die Vrystaat. Streekskompetisies word opgevolg met ān provinsiale kompetisie.
Daar is sewe TBM Tegniese vaardigheidskompetisie velde waaraan leerlinge kan deelneem. Dit is siviele dienste, konstruksie, houtbewerking, elektronika, motorwerktuigkunde, kragsisteme, sweis en metaalwerk.
Beoordelaars van buite die onderwys word ingekry om die beoordeling te doen. Die TBM Tegniese vaardigheidskompetisie is baie straf en ān hoĆ« standaard word gehandhaaf.
Die leerlinge moet praktiese take voltooi. Niemand weet vooraf wat die take presies behels nie, aangesien die koeverte met die opdragte eers die dag van die kompetisie ontvang word.
Leerders wat die eerste drie plekke in die kompetisie vakke behaal, kry die geleentheid om teen mekaar mee te ding tydens die provinsiale kompetisie. Hierdie jaar vind die provinsiale TBM Tegniese vaardigheidskompetisie in Oktober in Bloemfontein plaas.
Baie geluk aan Jona Brink wat ‘n eerste plek behaal het tydens die Siviele kompetisie, asook Xander van Staden wat ‘n 2de plek behaal het, en Phillip Cronje wat die Meganiese (motorwerktuigkundige) kompetisie gewen het.
Dankie aan Point-S wat aan BVHS ‘n bakkie voorsien het waarop die motorwerktuigkundige vaardigheid gedoen kon word.
Ons beste wense vergesel julle vir die Vrystaatse kompetisie!
Trekkertrots!
Foto verskaf
Lees meer oor Bethlehem Voortrekker Hoƫrskool