)

TBM Tegniese vaardigheidskompetisie – BVHS leerders blink uit

TBM Tegniese vaardigheidskompetisie. Hierdie vaardigheidskompetisie word gehou vir leerders van tegniese skole en skole wat tegniese vakke aanbied. Leerders van Bethlehem Voortrekker Hoƫrskool het op 21 September aan die Siviele Vaardigheidskompetisie deelgeneem.

Die kompetisie is ā€˜n jaarlikse inisiatief van die Departement van Onderwys in die Vrystaat. Streekskompetisies word opgevolg met ā€˜n provinsiale kompetisie.

Daar is sewe TBM Tegniese vaardigheidskompetisie velde waaraan leerlinge kan deelneem. Dit is siviele dienste, konstruksie, houtbewerking, elektronika, motorwerktuigkunde, kragsisteme, sweis en metaalwerk.

Beoordelaars van buite die onderwys word ingekry om die beoordeling te doen. Die TBM Tegniese vaardigheidskompetisie is baie straf en ā€˜n hoĆ« standaard word gehandhaaf.

Die leerlinge moet praktiese take voltooi. Niemand weet vooraf wat die take presies behels nie, aangesien die koeverte met die opdragte eers die dag van die kompetisie ontvang word.

Leerders wat die eerste drie plekke in die kompetisie vakke behaal, kry die geleentheid om teen mekaar mee te ding tydens die provinsiale kompetisie. Hierdie jaar vind die provinsiale TBM Tegniese vaardigheidskompetisie in Oktober in Bloemfontein plaas.

Baie geluk aan Jona Brink wat ‘n eerste plek behaal het tydens die Siviele kompetisie, asook Xander van Staden wat ‘n 2de plek behaal het, en Phillip Cronje wat die Meganiese (motorwerktuigkundige) kompetisie gewen het.

Dankie aan Point-S wat aan BVHS ‘n bakkie voorsien het waarop die motorwerktuigkundige vaardigheid gedoen kon word.

Ons beste wense vergesel julle vir die Vrystaatse kompetisie!

Trekkertrots!

Foto verskaf

Lees meer oor Bethlehem Voortrekker Hoƫrskool

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.voortrekker.co.za/

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal