Talentvolle Netbalspelers en Onderwysers. ANHS spog met talentvolle netbalspelers en onderwysers. Die afgelope twee naweke (3-5 September in Port Elizabeth en 10-12 September in Oos-Londen) het Juffrou Petro Makkink en Juffrou Ané von Gericke die Oos-Kaap se Provinsiale spanne se oefenkampe bygewoon. Juffrou Petro is een van die O/17 Netbal spanne se afrigters. Juffrou Ané is die O/17’s se spanbestuur.
Bohlokwa Tsemane, ‘n graad 11 dogter is gekies vir die O/17 Oos-Kaap span. Chumikazi Qaqane is gekies vir die O/18 Oos-Kaap span. Hulle gaan gedurende die vakansie van 2 tot 7 Oktober deelneem aan die SASN Telkom Challenge Netbaltoernooi in Pretoria.
Netbal bruis deur in die Alie are!
Knapgedaan aan al die dames! Die Alies is trots op julle.
Lees meer oor ANHS: