)

Talent van EHS-musiekonderwyser maak Errie-harte opgewonde.

Hoërskool Ermelo is besonder trots op meneer Dirkie van Staden, musiekonderwyser te Hoërskool Ermelo. Twee van meneer van Staden se kitaar- en viool-duo’s, STRINGS ON FIRE en WORLD@SOUTH, is genomineer vir ‘n South African Independent Artist Award 2021.

Die toekenningsgeleentheid vind plaas in Maart 2021. Die wenners van die toekennings word bepaal deur ‘n paneel van ervare musiek-ghoeroes. Strings on fire se nominasie is in die kategorie vir Beste Instrumentale Album. Meneer van Staden se duo-maat in STRINGS ON FIRE is meneer Johann Scheppel. Hulle het die duo gestig in September 2019 met ‘n optrede by die Aardklop Nasionale Kunstefees as debuut.

Die nominasie vir WORLD@SOUTH is vir die Beste instrumentale Enkelsnit met hul verwerking “Irish Classical Spice.” Meneer van Staden se duo-maat in dié snit was meneer Roelof Swart.

STRINGS ON FIRE & WORLD@SOUTH is “cross-over” duos, wat ‘n verskeidenheid genres vermeng soos Spaanse, kontemporêre Flamenco Rumba, akoestiese “rock”, techno, Ierse, Gypsy, Volksmusiek, Kubaanse en Latynse ritmes, Afrika-Kwela, Klassieke en populêre musiek met ‘n polsende ritme. 

Die visuele impak van hul vioolvirtuositeit en verbysterend vinnige perkussiewe kitaarritmes is ‘n betowering vir gehore oraloor. Beslis ‘n inspirerende en uiters indrukwekkende lewendige vertoning. Instrumentale musiek is universeel en het ‘n strelende effek op die luisteraar, tog kan dit baie energiek en feestelik wees. Beide is gesogte en merkwaardige duo’s met ‘n unieke, groot klank. STRINGS ON FIRE is tans besig met ‘n nuwe album in die akoestiese dans genre.

Baie sterkte, Dirkie! Die Erries sien uit na die uitslae en is trots om te sê meneer van Staden is ‘n Errie.

WORLD@SOUTH Afri-Indie Awards Nomination
STRINGS ON FIRE Afri-Indie Awards Nomination
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal