)

Swem – Bethlehem Voortrekker Hoërskool presteer by swemgeleenthede

Swem. BHVS leerders het by verskeie swem geleenthede tydens die Desembervakansie deelgeneem en goed presteer.

Tydens die 2de Biathlè-liga wat Vrydag 26 November, te BVHS plaasgevind het, het die volgende leerlinge het aan hierdie liga deelgeneem: Keano Fourie, Èbet Bester, Zelia Lessing en Jaden Maritz (Tuisonderrig). 

Die 3de liga het Vrydag, 3 Desember 2021, plaasgevind. Die volgende leerders het deelgeneem: Zelia Lessing: 15:34; Èbet Bester 18:53; Keanu Fourie 16:46; Jaden Martiz (home school) 13:47.

Tydens die Splash Festival wat by die Knysna-meer plaasgevind het in Desember, het Ébet Bester 3 km geswem in ‘n tyd van 57:01:20. 

Cherná Fouché het weer tydens die Free State Championship deelgeneem aan 200 m vryslag (2:50,56) en 400 m vryslag (6:06,51). 

Die afgelope naweek het swemmers wat, ook lede is van die Bethseals Swemklub, deelgeneem aan  oopwaterswem te Baynesfielddam. Kennith Outram swem 3 km in 58:00:56 en Carmi Dowling swem 3 km in 1:06:32. 

Kiana Engelbrecht, swemmer van Frostbite Aquatics, in Bethlehem het die naweek van 7 Januarie aan die Bennie Mile, 3 km, in Germiston deelgeneem. Met ‘n skitterende tyd van 49,45 minute eindig sy algeheel 6 de in die vroue kategorie. Hiermee kwalifiseer sy vir die SA Nasionale Ope water swemkompetisie wat in Maart plaasvind.

Kennith Outram het die op 23 Januarie aan die Dolphin mile in Durban deelgeneem. Hy het hierdie 1.6 km, in die see, in 27:16 sekondes voltooi.

Foto’s verskaf

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.voortrekker.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal