Sweiskompetisie 2023. Drie leerders van Hoërskool Bultfontein, Ruan Botes, Flippie Tait en Henri Roux is as wenners van die skool se sweiskompetisie aangewys. Hierdie drie leerders dring deur na die Lejweleputswa rondte wat op 12 Augustus by HTS Welkom plaasvind.
Henri Roux ontvang ‘n sweisgeskenkpak met sweistoerusting en ‘n pak sweisstafies. Hy ontvang ook ‘n rugsak gevul met geskenke. Flippie Tait ontvang ‘n self- verdonkerende sweishelm en ook ‘n rugsak gevul met geskenke. Ruan Botes ontvang ‘n MIG-sweismasjien met ‘n rol sweisdraad asook ‘n rugsak gevul met geskenke.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf