SWD Rugby. Ses-en-dertig rugbyspelers van Hoërskool Outeniqua in George is in die onderskeie SWD Rugby spanne opgeneem. Outeniqua se spelers oorheers die Cravenweek span. Die spelers van OHS vul veertien van die drie-en-twintig plekke in die SWD O.18 rugby span.
Akademie Span: Brendan Gouws, El-Therin Meintjies, Anton Muller, Wian Cloete, Estiaan Cronje, Shalon Martins, Ethan Myners en Sanchez Damons. Heinrich du Plessis van die Kwaggas is die assistent afrigter.
Cravenweek Span: Nathan Smith, JT Strydom, Keith Syster, Jay Jay Daters, Jamil Pretorius, Michael Cronje, Dewald Gerber, Ashwen Damons, Patrick Kitete, Jeffwin Wesso, Antonio Bruinders, Ruan Swart, Camden Schoeman en Michael Lamont. Jaco Jansen van Rensburg is die Cravenweek se hoof afrigter.
Grant Khomo Span: Elgernon Meyer, Andrew Stopforth, Keenan Jantjies, Divan Stander, Ruart Curlewis, Luca Potgieter, Gareth Maree, Juan Kleinhans, Deacon Cooper, Ruben Rossouw, Deven Kleingeld, Ruan van Rensburg en Craig Lottering.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf