Super 8 Tennis. Primëre Skool Jordania van Bethlehem, het die afgelope naweek die Super 8 Tennis toernooi tussen skole van Gauteng, Noordwes en die Vrystaat aangebied.
Die toernooi was ‘n groot sukses en die spelers het dit baie geniet! Baie geluk aan Jordania se tennisspan. Hierdie span stap weg as algehele wenners met Goud. Mieke le Roux, Kara du Toit, Pieter Wessels ontvang goud en Grové du Preez ontvang silwer.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.jordaniaprimer.co.za/
Foto verskaf