Suid-Vrystaat Atletiekkampioenskap. Baie geluk aan ons Oranje-atlete wat puik presteer het tydens die Suid-Vrystaat Atletiekkampioenskap! Ons is ongelooflik trots op elke Eendjie wat haar beste gelewer het en die Oranje-naam met trots gedra het. ✨
Oranje het ’n merkwaardige 17 eerste plekke, 11 tweede plekke en 19 derde plekke behaal – en boonop die algehele 1ste plek ingepalm. Elke ouderdomsgroep het met ’n trofee weggestap, en die titel van beste veldatleet is ook Oranje s’n. Wat ’n prestasie!
’n Spesiale geluk aan die 36 atlete wat gekies is vir die Suid-Vrystaatspan wat Saterdag aan die Vrystaat Atletiekkampioenskap in Sasolburg gaan deelneem.
Baie sterkte – ons staan agter julle en glo dat julle weer die Oranje-gees helder gaan laat skyn! 🌟





Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








