Suid-Kaap Kinderkoor & Jeugkoor. Groot drome, groot stemme – Europa wag!
Hoërskool Mosselbaai se harte klop vol trots vir die vier leerders wat gekies is om saam met die Suid-Kaap Kinderkoor & Jeugkoor op ’n Europese konserttoer te sing van 23 April – 6 Mei 2026.
Baie geluk aan:
- Xhanti Malambile
- Laruché Rachel Stanton
- Elleme Killian
- Chloé du Plessis
Julle gaan nie net musiek maak nie – julle gaan Suid-Afrika verteenwoordig by die 74ste Suid-Kaap Kinderkoor & Jeugkoor!
Wat ’n merkwaardige prestasie – Die Suid-Kaap is ongelooflik trots op julle. Gaan wys Europa hoe klink talent, toewyding en ware Punt-trots!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.pointhighschool.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor









