ElandrĂ© van Loggerenberg, ‘n graad 7 leerder van Laerskool Stulting in Humansdorp is verkies tot die o/13 Oos-Kaap Aloes tennisspan. Hulle sal die Oos-Kaap vanaf 24 – 26 September as die Oos-Kaap Aloes tennisspan verteenwoordig wanneer hulle teen die Wes-Kaap se o/13 span sal speel.
Baie geluk Elandré, ons is trots op jou en ons wens jou alle sterkte toe.
Laerskool Stulting beskou deelname aan sport as baie belangrik.
By Laerskool Stulting glo ons in die ontwikkeling van die totale kind en die daarstelling van ‘n gebalanseerde individu. Sport vorm ‘n integrale deel van hierdie holistiese benadering van ons tot opvoeding.
Die invloed van sport is meer as om gesonde ontspanning en plesier te verskaf. Dit is ook van opvoedkundige waarde aangesien dit fisiese fiksheid bevorder, spanwerk aanmoedig, die ontwikkeling van selfbeheer, samewerking, lojaliteit en onselfsugtigheid bevorder, deursettingsvermoë vestig en leierskapsvaardighede aanleer.
Sportsoorte wat by Stulting aangebied word is atletiek, swem, tennis, krieket, skaak, tennis,rugby en netbal.
Foto verskaf
Meer oor Stulting:
https://schoolsthatrock.co.za/category/eastern-cape/eastern-cape-schools/port-elizabeth/