[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text]
Op Sondag, 10 September, het HS Strand eerste surf-span aan die 2017 Sea Harvest Western Cape Interskole Branderplankkompetisie deelgeneem.
Onder andere was van die volgende skole betrokke: Paul Roos, Paarl Vallei, Vishoek, Redam House, Bredasdorp en Melkbosstrand ā om maar net ān paar te noem.
Daar was altesaam 15 spanne wat deelgeneem het. Elke span het uit vyf branderplankryers bestaan. In HS Strand se span was Henko Scholtz, Tiaan Engelbrecht, Reinier Britz, Franco Greffah en Martin McCarthy. Mnr. Basson was hul trotse afrigter en het heeldag heen en weer met branderplanke rongehardloop om die deelnemers se taak makliker te maak
Die kompetisie het soos volg gewerk:
- Een rondte (āheatā) duur 40 minute en 4 spanne neem aan ān rondte deel.
- Al die lede mag nie langer as 8 minute in die water wees nie. Die deelnemers moet twee branders surf en dan uitkom.
- SurfDaar mag net een spanlid op ān slag in die see wees. (Spanne moet dus gehalte branders en die tyd in ag neem om die beste punte moontlik teĀ kry.)
- Branderplankryers word beoordeel op elke brander wat hulle ry en die gemiddeld van almal se branders word vir die span se punt aan die einde van ān āheatā gebruik.
As daar gekyk word na alles wat voor die tyd beplan moet word, al die ure wat die branderplankryers voor die tyd geoefen het en ān lang dag in die warm son, kan ons groot respek hĆŖ vir die branderplankryers.
HS Strand se span het in die eerste rondte ver gewen. Die tweede rondte (semi-finaal) was net so goed en daar het hulle ook die ander spanne uitgewis met ān ongelooflike uitslag van 80.5 punte teenoor die ander spanne se 56, 40.2 en 62.3 punte. Teen hierdie tyd het van die skool se grootste kompetisie, Paarl Vallei en Paul Roos, se spanne reeds uitgeval en HoĆ«rskool Strand was nog hard aan die baklei vir ān prys aan die einde van die dag.
Die Strand-span het met trots die 4de plek medaljes ontvang en vir die skool R250 gewen. Die seuns het hulle goed van hul taak gekwyt en HS Strand se naam is beslis hoog gehou. Wel- gedaan ouens.
Daar word geglo dat dit die begin is van groot dinge vir HS Strand se branderplankspan!
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][et_pb_row][et_pb_column type=”1_2″][et_pb_image _builder_version=”3.0.73″ src=”http://westerncapect.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/09/Surf-Span-5.jpg” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” sticky=”off” align=”left” always_center_on_mobile=”on” border_style=”solid” force_fullwidth=”off” /][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_2″][et_pb_image _builder_version=”3.0.73″ src=”http://westerncapect.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/09/Surf-Span-6.jpg” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” sticky=”off” align=”left” always_center_on_mobile=”on” border_style=”solid” force_fullwidth=”off” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]