)

Sportman van die Jaar – Hoërskool Nelspruit

Sportman van die Jaar – Hoërskool Nelspruit se eie swem sensasie, Neil Burger (Graad 12) het weereens geskiedenis gemaak. Hy herskryf die sportgeskiedenis en dié keer op Internasionale vlak!

Neil was vir drie opeenvolgende jare Sportman van die Jaar by Hoërskool Nelspruit. Hy was ook vir twee jaar aan die stuur as Mpumalanga Swem se Senior Manswemmer van die Jaar. Neil se talent het nie net plaaslik nie, maar wêreldwyd aandag getrek.

In Augustus 2024 het Neil tydens die “SA National Short Course Championship” só uitgeblink. Hy word genooi om aan die Dublin Winter Champs in Ierland deel te neem. Daar het hy geskitter, die junior 50m vlinderslag-rekord gebreek, én twee medaljes terug huis toe gebring.

Hy stop egter nie daar nie. In September het Neil sy oë op die grootste jeugverhoog gerig: die Junior Wêreldkampioenskappe. Maande se onwrikbare toewyding het in April 2025 vrugte afgewerp. Hy swem die kwalifiserende tyd tydens die SA Kampioenskappe in Gqeberha

Nou wag ’n nuwe hoofstuk – Roemenië roep! Van 19–24 Augustus sal Neil Suid-Afrika verteenwoordig by die Junior Wêreldkampioenskappe. Daar sal hy sy drome uitdra in die groen en goud.

Hierdie oomblik maak dit nog méér besonders. Neil is die eerste swemmer in Mpumalanga Swem se geskiedenis wat ooit dié eer ontvang het.

Neil, Nellies én die hele gemeenskap staan trots agter jou – gaan maak golwe en leef jou droom voluit!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://nelliesh.co.za/

Foto voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal