Sport: hoogtepunte 2021. Sport vorm ‘n groot deel van Schools That Rock se berigte. Die meeste van ons lesers geniet die skole sport wat ons bied. Schools That Rock kyk terug na verskeie sport hoogtepunte van Vrystaatskole gedurende 2021. Sport news play an important role at Schools That Rock. We look back at the sport highlights of the Free State schools during 2021.
Hiermee ‘n aantal van ons sport hoogtepunte 2021 van Julie/ Augustus 2021.
Soccer
Grey College: Grey College, Bloemfontein, is indeed very proud of Sam Kalume (2019). A U.S. team successfully recruited him to play soccer in the U.S. Sam received an amazing scholarship in the USA. Obviously the scolarship will increase annually, should Sam perform well in academics as well as on the soccer field. He will represent the William Penn soccer team. Furthermore he is also sponsored by world famous brands. This appointment is undoubtedly a result of the training he earned from Grey College.
Atletiek
Grey College: Veels geluk aan Grey Kollege atlete, DJ Liebenberg en Lucky Moleyane, wat amptelik ingesluit is in die ASA Atletiekspan wat vanaf 17 tot 22 Augustus aan die O.20 Wêreld Atletiekkampioenskappe in Nairobi, Kenia deelgeneem het! DJ het aan die O.20 gewigstoot deelgeneem en Lucky aan die 4×100 aflos.
Hoërskool Goudveld: Miné de Klerk ryg medaljes in. Miné de Klerk, Hoërskool Goudveld in Welkom se hoofdogter, is op pad om ‘n wêreldkampioen te word. Sy het by die o.20 Wêreldkampioenskappe in Nairobi ‘n Goue medalje verower in gewigstoot met ‘n fantastiese 17,4m! Verder het Miné ook ‘n silwer medalje gewen in diskus gewen met ‘n afstand van 53,50m. Hiermee het sy die rekord wat in 2006 deur Somone du Toit opgestel is, verbeter.
Gholf
Hoërskool Fichardtpark: Juandré van der Merwe, leerder van Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein, is tot die Vrystaat Skole-Gholfspan verkies. Juandré geniet dit om Gholf te speel en sien daarna uit om ver te vorder in sy gholfloopbaan.Die gholf by Hoërskool Fichardtpark is ook aan die gang en die seuns het reeds ‘n paar ligawedstryde agter die rug. Die seuns het ook aan die Fichies se sportdag deelgeneem en in ‘n BBS – kompetisie saam met ‘n speler van ‘n besoekende skool gespeel.
Juandrè van der Merwe en sy maat was die wenners met 44 punte.
Grey Kollege: Gholfspelers, Hendré van der Walt, John Shaw, Ferdie la Grange, Louis Janse van Vuuren, Johan Botha, Jason Cloete, Rodney Coburn en William Mouton, is ingesluit in die onderskeie Junior Vrystaat Gholfspanne!
Bethlehem Voortrekker Hoërskool: Mpho Molaba, learner from Bethlehem Voortrekker High School, was chosen for the Free Sate Golf Union Junior A-team.
Equestrian Tentpegging
Bethlehem Voortrekker Hoërskool: Tiaan Terblanche from Bethlehem Voortrekker High School has been selected for the South African Equestrian Tentpegging Association National u/21 boys team. Tiaan has also been awarded Junior Protea Colours for Tentpegging after the test between SA vs Sudan in Rawsonville, Western Cape during 7-9 August.
Hengel
Primêre Skool Willem Postma: Anzel Zwarts is ‘n leerder van Primêre Skool Willem Postma in Bloemfontein. Sy is ‘n hengelaar in murg en been. Sy het bewys dat visvang nie vir sissies is nie. Anzel is onlangs verkies tot die Vrystaat Varswater Oewerhengel 0/13 A-span.
Boogskiet
Hoërskool Witteberg: Johan Vorster, graad 8 leerder van Hoërskool Witteberg, het op Saterdag 07 Augustus deelgeneem aan ‘n ABO 3D- boogskietkompetisie. Die kompetisie het te Lochs Hoek buite Bloemfontein plaasgevind. Hy het uitstekend geskiet en 181 uit 220 punte behaal. So het Johan ‘n eerste plek losgeskiet. Johan het onder die “Youth Men Release” 15-17 jaar deelgeneem.
Netbal
Hoërskool Witteberg: Ruandi Steinmann, Anke Bruwer, Erica Ekeji, Ziané Lottering, Mariné Fourie en Zinathi Matshotyana is ingesluit in die TBM spanne. Hulle het in Bloemfontein die Vrystaat netbalproewe gespeel.
Die spelers is:
o/14: Kaylin Stoffberg, Jané de Villiers en Jade Adams; o/15: Zinhle Motsitsi; o/16: Ziané Lottering, Mariné Fourie en Zinathi Matshotyana; o/17: Anke Bruwer en Erica Ekeji; o/18: Ruandi Steinmann.
Hokkie
Bethlehem Voortrekker Hoërskool: Lana Wessels, Ané van Zyl, Ermarie Botha, Nia-McKay Helm, Hermien van Biljon en Teoné Jordaan is tot die o/14 Noord-Vrystaat Hokkiespan verkies.
O.14A: Lana Wessels, Ané van Zyl, Hermien van Biljon en Teoné Jordaan; O.14B: Ermarie Botha en Nia-McKay Helm.
Read more news: https://schoolsthatrock.co.za