Hoërskool Nelspruit het op 22 Augustus tydens ‘n glansfunksie die jaarlikse Mnr. en Mej. NHS aangebied. Tien seuns en 10 dogtersfinaliste moes hulself in ware skoonheidkompetisie-styl optof en hul beste voetjie voorsit op die loopplank vir die vyf beoordeelaars en honderde Nellie-ondersteuners.
Dié jaar se graffiti-tema en Joe Black as vermaak en seremoniemeester het die aand ‘n moderne en vars aanslag gegee. Dié keer was die beoordeelaars Bianca Rennison, Mark Pretorius, Inge van Dyk, Emile Temperman en Dean Alberts. Die beoordeelaars het vooraf met die finaliste onderhoude gevoer om hulle ook agter die skerms beter te leer ken. Om die aand te open het die leerders ‘n gechoreografeerde dans as groep uitgevoer waartydens elkeen ook individueel voorgestel is. Dit is gevolg deur elke paartjie se uitbeelding van ‘n advertensie vir hulle hoofborg. Soos dit enige skoonheidskompetisie betaam is die aand se kroning met ‘n vertoning van die finaliste in hul mooiste formele aanddrag voorafgegaan, wat deur Bride and Co. & Eurosuit geborg is.
Maar die kompetisie gaan nie net oor die mooiste gesiggie nie. Al 20 deelnemers het die afgelope paar maande hard gespook om groot bedrae geld in te samel. Dit word aangewend vir NHS-liefdadigheidsprojekte en Mnr. en Mej. NHS gaan ook voort met projekte van hul eie.
En die wenners is….
Mnr. en Mej. Fotogenies: Danté Lombard en Stefan Smit
Debutante-toekenning: Mikela Kirsten
Mnr. en Mej Persoonlikheid: Rainer Spruyt en Mikela Kirsten
Tweede prins en prinses: Gert Loubsesr en Mikela Kirsten
Eerste prins en prinses: Miga van der Nest en Jessica Berry
Mnr. en Mej NHS: Rainer Spruyt en Lauren Viljoen