Solomon Senekal Prysuitdeling. Hoërskool Solomon Senekal van Viljoenskroon wens hul leerders geluk wat tydens die Hoërskool se prysuitdeling met ‘n trofee of trofees weggestap het!
Graad 11
Jessica Thompson (Gr 11) ontvang die wisseltrofees as graad 11 se beste presteerder in Afrikaans Huistaal, Engels Eeerste addisionele taal, Lewenswetenskap, Wiskundige Geletterdheid, Verbruikerstudie en Landboubestuurspraktyk, asook die wisseltrofee as die veel sydigste leerder in graad 11.
Nelana Roux (Gr 11) ontvang wisseltrofees as graad 11 se beste presteerder in Wiskunde, Fisiese Wetenskap en Rekeningkunde.
Amori Potgieter (gr 11) ontvang die trofee as Swemmer van die jaar, asook ‘n skoolhoofaanprysingsertifikaat vir sewe jaar agtereenvolgings vol-erekleure vir swem.
Zaniel van Huyssteen (gr 11) ontvang die trofee as Ruiter van die jaar.

Zonika Ochse (Gr 11) ontvang die Victrix Ludorum in die hoërskool.
Tumelo Serapelo (gr 11) ontvang die wisseltrofee as graad 11 se beste presteerder in Rekenaartoepassingstegnologie.

Graad 10
Johan Jordaan (Gr 10) ontvang die wisseltrofee as gr 10 se beste tresteerder in Toerisme, die wisseltrofee vir die beste prestasie vir ‘n seunsatleet in die hoërskool, trofee as die Krieketspeler van die Jaar in die hoërskool, die wisseltrofee vir die beste redenaar in VOO-fase en die erebeker as die veelsydigste leerder in gr 10, asook ‘n skoolhoofaanprysingsertifikaat vie drie jaar agtereenvolgens die veelsydigste leerder in sy graad.
Chanel Smith (gr 10) ontvang die wisseltrofees as gr 10 se beste presteerder in Afrikaans Huistaal, Lewenswetenskap en Landboubestuurspraktyk.

Lee-Ann Havenga (gr 10) ontvang wisseltrofees as gr 10 se beste presteerder in Engels Eerste Addisionele Taal en Verbruikerstudie.
Cobus Roux (gr 10) ontvang die wisseltrofee as gr 10 se beste presteerder in Wiskunde.

Tiaan Hayes (gr 10) ontvang die wisseltrofee as gr 10 se beste presteerder in Rekeningkunde.
Layton Harmse (gr 10) ontvang die wisseltrofee as gr 10 se beste presteerder in Wiskunde Geletterdheid.

Leander Pretorius (gr 10) ontvang die wisseltrofee as gr 10 se beste presteerder in Rekenaartoepassingstegnologie.
Donovan Deysel (gr 10)ontvang die wisseltrofee as gr 10 se beste presteerder in Landboutegnologie

Graad 9
Jana Venter (gr 9) ontvang wisseltrofees as gr 9 se beste presteerder in Afrikaans Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal, die wisseltrofee as die Spelkampioen in die Senior Fase, asook die veelsydigste leerder in gr 9. Jana ontvang ook die wisseltrofee met ‘n erepenning as die Dux-leerder van die Senior Fase.
Ettienne Fourie (gr 9) ontvang die wisseltrofee as gr 9 se beste presteerder in Wiskunde.

Kobus Jordaan (gr 9) ontvang die trofees as Atleet van die jaar en Hengelaar van die Jaar.
Graad 8
Qara du Plessis (gr 8) ontvang die trofees as gr 8 se beste presteerder in Afrikaans Huistaal en Wiskunde, asook die wisseltrofee as die veelsydigste leerder in gr 8.

Siya Jilimba (gr 8) ontvang die Wisseltrofee as gr 8 se beste presteerder in Engels Eerste Addisionele Taal.
Hanco Geel (gr 8) ontvang die Victor Ludorum in die hoërskool.

Foto’s verskaf
Meer nuus van skole:
https://www.facebook.com/salomonsenekal
Become a Sponsor








