Skoolhoof verwelkom – Hoërskool President Steynin Bloemfontein betree met groot afwagting en opgewondenheid ’n belangrike mylpaal. Hulle betree ‘n nuwe era in die geskiedenis met die aanstelling van ‘n nuwe skoolhoof. Mnr Derrick de Clerk van Hoërskool Sandveld, in Wesselsbron, bring vars energie. Hy het ook ’n visie wat die skoolgemeenskap met trots en hoop gaan vul. Mnr. de Clerk is nie net ’n leier nie. Sy mentorskap glo in die krag van jongmense en hy sien die potensiaal wat in elke Steyner lê raak.
Onder sy leiding sien Steyners uit na ’n tydperk van groei, prestasie en samehorigheid. Of dit nou op die sportveld, in die klaskamer of by kultuurgeleenthede is, hulle weet dat President Steyn nuwe hoogtes gaan bereik.
Die Steyners staan bankvas agter hul nuwe skoolhoof. Die toekoms lyk blink, en Steyners sien uit na elke mylpaal wat hulle saam met Mnr. De Clerk gaan vier. Met vasberadenheid en ’n sterk gemeenskapsgees sê hulle: “Saam gaan ons vorentoe!”
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien










