Skole Sjef kompetisie. Vier graad 12-leerders van Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein het op 2 Oktober aan die Vrystaat finale van die jaarlikse Skole Sjef kompetisie deelgeneem. Die vier finaliste is Amelia Blignaut, Rozaan O’Kelly, Rianke Verster en Contessa Janse van Rensburg. Elke finalis het ‘n beurs ter waarde van R10 000 vanaf die FBI Sjef Skool ontvang.
Spesiale pryse ontvang op die dag:
Amelia Blignaut – Beste hoofgereg
Rozaan O’Kelly – Beste tydsbestuur
Contessa Janse van Rensburg – Beste geskrewe inskrywing
Baie geluk, Fichies!
Lees meer oor Fichies: