)

Skole krieket – Hoërskool Strand presteer

Skole krieket. Verlede week het Hoërskool Strand se eerste krieketspan drie Skole krieket wedstryde gespeel en uitstekend presteer.

Woensdag het Strand by Hoërskool Hottentots-Holland gaan besoek aflê en hul wedstryd met 74 lopies gewen. Hoërskool Strand het 170/3 in 20 boulbeurte aangeteken. Jordan Everts het 71 lopies van 58 balle en Daniël Theron 60 lopies van 37 balle gemoker.

Vrydag het die Strand teen Hoërskool Stellenbosch gespeel en met 72 lopies gewen. Daniël Theron het weereens skitterend gekolf en 52 lopies van 19 balle geslaan. Tyrone Nicholas het ‘n baie goeie 30 lopies van 20 balle bygedra. Die Strand het 197/5 in 20 boulbeurte aangeteken en Stellenbosch is tot 125 lopies beperk.

Saterdag het die Strand teen Hoërskool Hugenote gespeel en met 152 lopies gewen. Die Strand het 217 lopies aangeteken en Hugenote tot 65 lopies beperk. Daniël Theron het weereens die leiding geneem en 77 lopies van 49 balle aangeteken. Hy is baie goed deur Tyrone Nicholas ondersteun wat 31 lopies van 50 balle bygedra het. Nicholis Martin het uitmuntend geboul en 6 paaltjies vir slegs 30 lopies ingeoes.

Daniël Theron het nou vyf agtereenvolgende vyftigtalle aangeteken:

  • 50 lopies teen Parel Vallei
  • 83 lopies teen ‘n Engelse toerspan in Kaapstad
  • 60 lopies teen Hoërskool Hottentots-Holland
  • 52 lopies teen Hoërskool Stellenbosch
  • 77 lopies teen Hoërskool Hugenote
Hoërskool Strand se 1ste krieketspan
Die Strand se eerste krieketspan neem afskeid van vier matrieks. Janu Fouché. Nathan Drotskie, L. W. Coetzee en Tyrone Nicholas.
Daniël Theron en Jordan Everts

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://hsstrand.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal