Skole Krieket. Hoër Landbouskool Oakdale van Riversdal en Hoërskool Outeniqua van George se O.15 B-krieketspanne het die naweek kragte gemeet. Skole krieket het geseëvier.
Oakdale het die loot gewen en het besluit om eerste te kolf. Oakdale word uitgeboul in die 29ste boulbeurt vir 122 lopies. Hul beste kolwer is Aidin Booysen met 19 lopies.
Outeniqua het die teiken gejaag en word uitgeboul in die 25ste boulbeurt vir 98 lopies.Die beste boulers is Hanno Neethling met 5 paaltjies vir 10 lopies in 4 boulbeurte en Aaron Flanigan 4 paaltjies vir 19 lopies in 8 boulbeurte.
Oakdale het die wedstryd gewen met 24 lopies.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za