Skaak – Hoërskool Ermelo se skaakspelers het dit geniet om weer hul skaakstukke uit te pak. Hulle het na bykans drie jaar weer uiteindelik agter die skaakborde ingeskuif. Op 20 April het Erries deelgeneem aan ‘n skaaktoernooi teen Hoërskool Piet Retief.
Aangesien dit net ‘n vriendskaplik wedstryd was, is die leerders besonder opgewonde oor die fantastiese geleentheid om weer te kan meeding in skaak.
Die opgewonde spanlede was as volg: Otto van Schalkwyk, Dirk Maritz, Jan-Maarten van Schalkwyk, John-Pierre van Rooyen, Altus Boshoff, Sihle Mthethwa, Ennocent Kiti, Riku van der Bank, Beyonce Machidza, Daniël Mostert, Damian Lotterie en Siyanda Yende.
Alhoewel Erries derde geëindig het, was daar individuele spelle wat in hulle guns beklink is. EHS het in die stryd teen twee skole gelykop gespeel en was waarlik ongelukkig om teen die derde een te verloor. Dirk Maritz het uitgestaan tydens die toernooi met twee rondtes wat hy gewen het en een wat gelykop geëindig het.
Al die skaak spelers sien met groot afwagting uit na die amptelike liga wat middel Mei 2022 begin. Die Erries wens hierdie span besonder baie sterkte en voorspoed toe.
Foto’s voorsien
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf