Sewes rugby. Foto: o.17 Sewes span van Hoërskool Ermelo
Hoërskool Ermelo se sewes rugbyspanne het op Saterdag, 31 Augustus aan die Mpumalanga-uitspele deelgeneem. Hulle het baie goed gevaar.
o.15-Span wen teen Ligbron, HTS Middelburg, Barberton, Oosterland en Piet Retief, maar verloor ongelukkig hulle tweede wedstryd teen HTS Middelburg, asook teen Nelspruit.
Hierdie span van die Erries eindig algeheel vierde in Mpumalanga.
o.17-Span wen teen Steelcrest, Nelspruit en Oosterland, speel gelykop teen Patriot en verloor teen Secunda, HTS Middelburg en Rob Ferreira. Hulle eindig algeheel sesde in Mpumalanga.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto voorsien
Become a Sponsor








