Sewes Rugby. Hoërskool Ermelo het op Saterdag, 23 Oktober, die eerste amptelike Impi Visser 7’s-toernooi aangebied. Rugby en die liefde vir skolesport het geseëvier! 28 Spanne het aan die sewes rugby toernooi deelgeneem in onderskeidelik o/13-, o/15- en o/17- spanverband.
Impi Visser en Phillip Snyman het as eregaste opgetree vir die dag. Hulle het die geleentheid besonders gemaak vir al die besoekers wat dié Blitzbok-helde se teenwoordigheid geniet het. Impi en Phillip het die man van die dag in elke ouderdomsgroep aangewys. Die volgende seuns het hierdie toekennings ontvang:
Steven Miller van Collegions rugby Club is aangewys as die o/13-speler van die dag
Lorenzo Snyers van Witteberg ontvang dié toekenning in die o/15-ouderdomsgroep
Die o/17-man van die dag was Grant de Jager van Hoërskool Middelburg.
Collegions rugby Club is as die o/13-wenners aangewys vir die dag. Hoërskool Witteberg van Bethlehem is aangewys as o/15-wenners. Hoërskool Middelburg was die wenners in die o/17-ouderdomsgroep.
Baie dankie aan elke seun, afrigter en ouer wat ‘n bydrae gelewer het om van hierdie dag ‘n sukses te maak.
Dankie aan al die borge, NASHUA (hoofborg), USN, De Wit Motors Ermelo, dokter Anton Steenkamp en Marlet Winckler van Winckler en Steyn wat die dag se fisioterapeute gereël het, wat dit saam met Hoërskool Ermelo moontlik gemaak het om die dag suksesvol te kon aanbied.
Die betrokkenheid van die gemeenskap dra by om elke seun se liefde vir rugby te ontwikkel.
Foto’s verskaf
Lees meer oor Erries: