Seunshokkie. Hoërskool Ermelo se eerstespan seunshokkie het op Woensdag 25 Mei uitstekende spel, vaardighede en spanwerk teen Highveld Park van Secunda ten toon gestel.
EHS se spelers het skouspelagtige doele geskiet en die sege 5-1 beklink. Die doelskieters was Raees Tikly en Marnus Marx wat elk onderskeidelik twee doele aangeteken het asook Gedeon Boersema wie se vaardige stok nog ‘n doel in die Erries se guns beklink het. Marnus Marx is aangewys as die speler van die wedstryd.
EHS is trots op julle en jul mooi sportmangees.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf