Die Errie-rugbyseuns van Hoërskool Ermelo het op Woensdag, 6 September 2017 aan die Rugby 7’s-bokkieproewe deelgeneem.
Kevin van Wyngaardt, Arend Fourie, Hendrik Louwrens en Willie Boshoff is gekies vir die o/14-span en Cornus van der Berg en Johan Nel vir die o/16-span. Die spelers gaan tydens die komende vakansie aan die Bokkieweek in Pretoria deelneem.
Baie geluk, seuns. Die Erries is werklik trots op julle en wens julle alle seën toe.
Foto bo:
(voor vlnr): Willie Boshoff; Kevin van Wyngaardt, Arend Fourie en Hendrik Louwrens
(agter vlnr): Johan Nel en Cornus van der Berg