Schools That Rock het ‘n paar vrae gestel aan Tiaan Kriel, Hoofseun van HoĆ«rskool Die Anker in Boksburg.
Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Om al my vriende en vriendinne te sien. Rugby en al die uitdagings en verantwoordelikhede vir die jaar.
Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wil sien gebeur by Hoƫrskool Die Anker? Persoonlik dink ek dat ons as skool die leerders harder moet druk om beter in akademie en sport te presteer. Om alles wat hul wil bereik te verdien.
Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om Anker hul keuse te maak, wat sal dit wees? Ons skool se fondasie is ons geloof en ons werk en doen alles in geloof. Ons het die grootste vakkeuse in die Oos-Rand, asook praktiese werkslokale en ān Hotelskool. Die gees in die skool is baie positief. Daar is baie dissipline.
Wie is jou rolmodel by jou skool? Elke Anker onderwyser het op verskillende maniere ān impak op elke leerling. Mnr. Gavin is my rolmodel, omrede hy my volle potensiaal raakgesien het en vir my geleenthede geskep het wat my help vorm het in die mens wie ek vandag is.
Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Rugby. Al van graad 1 af was rugby my gunsteling skoolsport, maar dis eers vanaf Gr 8, waar ek in HoĆ«rskool Die Anker in rugby begin presteer het. Ek het dit al hoe meer geniet om saam my mede spanmaats te speel en het ān passie ontwikkel het vir die sport.
Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? ‘n Spek, advokado met feta kaas pizza.
Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek is nog nie 100% seker nie, maar ek wil my ambag in elektries voltooi en my vlieƫniers-lisensie kry.
Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Ek wil graag by Sol-Tech, asook Loutzavia, gaan. Beide is in Pretoria.
Vraag: ān Boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Aan al my mede-skoliere. Hou moed en wees die hardste werker in die klaskamer, op die sportvelde en waar jy ookal mag wees.
Become a Sponsor








