)

Schools That Rock gesels met Louise de Villiers

Schools That Rock het ‘n paar vrae aan Louise de Villiers, Hoofdogter van HoĆ«rskool Marais Viljoen in Alberton gevra.

Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien die jaar die meeste uit om ons nuwe Graad 8’s te verwelkom en om hulle te leer ken.  Ek sien ook uit om hopelik weer sport te kan doen.

Vraag: Indien jy die skoolhoof van HoĆ«rskool Marais Viljoen was, is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wil sien gebeur by jou skool? Indien ek skoolhoof van Marais Viljoen was, sou ek gedurende die Covid-19 eerder laat elke graad elke tweede dag skool toe gaan , eerder as om ‘n graad op te verdeel, want dit verdeel die skool se eenheid en samehorigheid. Ek sou ook ‘n nuwe tradisie begin wat die skool weer bind en leerders opgewonde maak vir skool na die Covid-19 pandemie.

Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om die HoĆ«rskool Marais Viljoen hul keuse te maak, wat sal dit wees? As ek iemand moet oorreed om Marais Viljoen toe te kom , sou my argument wees dat Marais Viljoen vir elke kind ‘n verskeidenheid geleenthede bied en almal kry ‘n kans om op verskillende gebiede te presteer. Marais Viljoen stel jou bloot aan verskillende kulture en manier van lewe omdat dit ‘n dubbel medium skool is. Die onderwysers by Marais Viljoen doen ook altyd moeite om seker te maak dat elke leerder op datum bly met die werk en tot die beste van hul vermoĆ«ns presteer. Marais Viljoen bied ook ‘n groot verskeidenheid vakke aan, van Toerisme tot Tegniese Wetenskap.

Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? My rolmodel by my skool is Juffrou Martie Visser. Sy werk verskriklik hard en sy sit altyd ander voor haarself. Sy het baie kennis en sy is vir seker iemand om na op te kyk.

Watter sportsoort is jou gunsteling? My gunsteling sportsoort is Netbal.

Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek wil Bcom Rek gaan studeer om eendag ‘n CA te kan word.

Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Ek wil graag by die Universiteit van Stellenbosch gaan studeer.

Wat is jou Boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Aan my mede skoliere: As daar een ding is wat Covid ons geleer het, is dat ons niks vanselfsprekend kan vat nie. Dit het ons geleer dat as jy iets wil hĆŖ, moet jy hard werk daarvoor en nie net aanvaar dat jy dit gaan kry nie.

Die jaar gaan nie ‘n maklike of ā€œnormaleā€ jaar wees nie, maar ons kan dit die beste jaar maak as ons ‘n positiewe gesindheid het en elke dag lewe asof dit ons laaste dag is!

Mag ons elkeen toelaat dat God ons die jaar lei en mag ons laat Sy wil in ons lewens geskied. Kom ons lewe diĆ© jaar op só ‘n manier wat die Here sal trots maak !

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal