)

Schools That Rock gesels met Hoërskool Strand se 1ste span Seuns Hokkiekaptein

Dit is vir Schools That Rock ‘n voorreg om die kaptein van Hoërskool Strand se 1ste Seuns Hokkiespan, Thian Basson, aan die lesers van ons webtuiste voor te stel.

My naam is Thian Basson en ek is die seuns o/19 A hokkie kaptein.

Vandat ek kan onthou speel ek al sport, maar hokkie het my hart reeds in graad 1 gesteel. Ek het in graad 1 as sentrale verdediger begin speel en na 18 jaar doen ek nog steeds. Dit is ook beter bekend as centre back.

Ek was onder-kaptein in 2018 toe ek nog onder sestien gespeel het en aan die begin van 2020 die Rebels se kaptein, ‘n span van die skool se ses-aan-‘n-kant toernooi.

Op die dae wat ons nie oefen nie doen ek meer kardiovaskulêre oefeninge soos boks en fietsry, maar wanneer die weer saamspeel, baljaar ek gewoonlik in die golwe met my branderplank.

Ek verkies spansport bo individuele sport. Ek het nog altyd van die idee gehou om aan spansport deel te neem. Daar is net iets aan die gees, doelgerigtheid en saamstaan van ‘n span wat my altyd terug bring na spansport toe.

Om ‘n kaptein te wees van ‘n span beteken om jou span te lei – wen of verloor. Om die span aan te moedig om altyd ‘n eenheid te wees, maak nie saak wat die telling is nie.  Om saam  met jou span fees te vier na ‘n wen asook ook om hul te motiveer as die planne nie uitwerk en die telling of uitslae nie in jou guns is nie. Jy moet aan jou span leiding  gee onder druk omstandighede. Kapteins moet ‘n voorbeeld wees van goeie sportmangees en jy moet altyd jou beste vertoon.

Ek wil graag na skool klub-hokkie speel of moontlik vir die universiteit waar ek studeer.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal