)

Schools That Rock gesels met Hoër Landbouskool Oakdale se 1ste Rugbyspan se kaptein

Dit is vir Schools That Rock ‘n voorreg om Oakdale se 1ste span rugbykaptein, Paul de Villiers, aan die besoekers van ons webtuiste voor te stel.

“Rugby was nog altyd deel van my verwysingsraamwerk. Ek speel al van die ouderdom 6 jaar.

My gunsteling posisie is oop-kant flank met die No. 6 op my rug. Daar was al tye wat ek die No. 8 trui ook oor my kop getrek het. Vanaf 0/14 was ek jaarliks die kaptein van die rugbyspan waarin ek gespeel het. Ek het  ook as kaptein vir die 0/16 Grant Khomo span uitgedraf. Ek was beide in die 0/16 en 0/18 spanne ingesluit in die SA Rugby Elite Squad. Daaroor is ek baie nederig en dankbaar.

Ons oefen daagliks ten minste een sessie. Ek probeer ook om in tye wat ek vry is so bietjie ekstra te oefen en te fokus op kleiner aspekte en daarop te verbeter. In die somer geniet ek atletiek en neem deel aan die items 800m en 1500m. Ek verkies spansport bo individuele sport en daarom is en bly rugby my gunsteling sport. My visie is om as kaptein van die span te lei met my voorbeeld. In moeilike tye sal dit van my verwag word om die span as ‘n eenheid bymekaar te hou en punte op die telbord te sit.

My droom is om van rugby ‘n loopbaan te maak na skool.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal