Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan Anjanka Olivier, Onderhoofmeisie van Hoërskool Strand.
Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien baie uit om al die leerders en onderwysers weer te sien na hierdie lang vakansie. Ek sien ook baie uit om die nuwe Graad 8’s te verwelkom en hulle deel te maak van die Arendfamilie. En ek sien die meeste uit daarna om ons nuwe visie bekend te maak aan die skool en dit toe te pas deur die jaar.
Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by jou skool? Ek sal graag wil sien hoe die leerders hierdie jaar die nuwe visie inkorporeer in hul allerdaagse lewe.
Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om jou skool hul keuse te maak, wat sal dit wees? Hoërskool Strand is ‘n skool wat baie omgee oor familie. Ons almal respekteer mekaar en ondersteun mekaar deur alles. Ons doen alles tot ons volle potensiaal en daarom is ons leuse “Volhard en Oorwin” baie gepas.
Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? My register onderwyser is definitief my rolmodel. Juffrou Becker het die mooiste hart en is altyd daar vir ons as ons sukkel met iets. Sy is al deur baie, maar staan steeds sterk in haar geloof en dit inspireer my.
Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Ek is mal oor hokkie.
Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? My gunsteling kos is enige tipe pasta. Veral as daar ‘n lekker sous oor dit is.
Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek het nog nie ‘n spesifieke beroep in gedagte nie, maar ek wil Finansiële Risiko Bestuur gaan studeer.
Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Ek wil baie graag by Stellenbosch Universiteit gaan studeer.
Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Moenie moed opgee nie. Die jaar gaan nie maklik wees nie. Daar is baie onsekerheid oor wat voorlê, maar as jy aanhou hard werk sal jy jou doelwitte bereik.