SANSSU Vrystaat semi-finale. Hoërskool Bothaville se skuts het aan die SANSSU Vrystaat semi-finale in Bloemfontein deelgeneem. Hierdie skuts het hulself puik van hul taak gekwyt.
In die O/14 afdeling het Mia van der Walt 7de plek behaal. Jandré du Plessis het die negentiende plek behaal. In die O/16 afdeling het Cilliers van der Merwe ‘n persoonlike beste geskiet en in die proses die eerste plek in die afdeling behaal.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.facebook.com/BothavilleHS/
Foto verskaf